Akkommodasie

Kies tussen Finch Nest (paartjies) en Krokodil Rus (3 slaapkamers).

Finch Nest

Marloth Park in Mpumalanga is 'n ware paradys en sit snoesig teen die suidelike Krokodil Rivier grens van die Kruger Nationale Wildtuin! Dit is die ideale plek waar jy vrede en rustigheid kan ervaar en jou batterye ten volle kan herlaai.

In Marloth Park hoef jy nie bedags rond te ry om diere te besigtig nie — hulle loop vrylik rond tussen die eiendomme, strate en ja, mense, hetsy jy by die huis is of as jy uit is vir 'n staptoggie, draf of fietsry.

Finch Nest, geleë in Marloth Park, is 'n afgesonderde en ideaal geleë selfsorg-paartjie-toevlugsoord of wittebrood suite. Daar word na die area verwys as die “kameelperdvlaktes” en dit het lieflike Jackalberry-bosse in die omgewing.

Die eenheid is oopplan, met 'n en suite-badkamer (instapstort) en 'n goed toegeruste kombuis. Al die toerusting is nuut en die eenheid is ten volle toegerus. Ons voorsien alle linne en handdoeke.

Gaste hoef net hulle eie swemhanddoeke te bring!

Hoogtepunte

  • Afgesonderde paartjie-toevlugsoord / wittebrood suite
  • Oopplan met en suite-badkamer (instapstort) en goed toegeruste kombuis
  • Parkland en ‘n leë erf as twee van die “bure”
  • Krugerwildtuin se heining minder as 600 m van die huis af
  • Nabygeleë dam en stroom waar diere kan drink
  • Afgesonderde “splash pool” vir warm dae
  • Lugversorging en solar krag (minder bekommernis oor beurtkrag)
  • 5000L JoJo tenk vir water toevoer probleme
  • LTE Wi-Fi en “Google TV” (eie Google-profiel)

Die huis is alleenstaande en lekker afgesonder, met parkland en ‘n leë erf as twee van die “bure”. Die Krugerwildtuin se heining is minder as 600-meter van die huis af, so op sommige aande kan jy 'n Oscar-bekroonde vertoning kry van Leeus wat brul, of die verbasend gelukkig klinkende kinkels van Hiënas, of die uiters harde huil en gekerm van Seekoeie wat vir gebied in die nabygeleë krokodilrivier baklei!

Ontspan buite op 'n groot stoep, dag of nag, terwyl jy wild bewonder, na die sterre kyk, of in die vlamme van jou vuur staar. Die afgesonderde “splash pool” verlig bedags die hitte terwyl vlaktediere soos Kameelperde, Sebras, Blouwildebeeste, Rooibokke en meer verbydwaal.

Met lugversorging en solar krag, hoef 'n mens nie bekommerd te wees oor die versengende warm dae, of beurtkrag nie. Ons het ‘n 5000L JoJo tenk ook, vir as daar water toevoer probleme is.

Die huis het LTE Wi-Fi konneksie en ‘n “Google TV”, as jy jou gunsteling program wil kyk. (Eie Google-profiel)

Ons sien uit daarna om julle by Finch Nest welkom te heet!
Sarel – 0836655819

Paartjies / Wittebrood Splash-pool Lugversorging Solar krag LTE Wi-Fi
Laai foto’s vinniger: gebruik die /thumbs/ gids.

Krokodil Rus

Marloth Park in Mpumalanga is 'n ware paradys, en sit snoesig teen die suidelike Krokodil Rivier grens van die Kruger Nationale Wildtuin! Dit is die ideale plek waar jy vrede en rustigheid kan ervaar en jou batterye ten volle kan herlaai.

In Marloth Park hoef jy nie bedags rond te ry om diere te besigtig nie — hulle loop vrylik rond tussen die eiendomme, strate en ja, mense, hetsy jy by die huis is of as jy uit is vir 'n staptoggie, draf of fietsry.

Krokodil Rus, geleë in Marloth Park, is afgesonder in 'n oop blaredak bosgebied wat baie voëls van verskillende spesies lok. Dit is 'n ideaal geleë selfsorghuis met drie slaapkamers (6 slaapplekke) wat nuut gebou is (Maart 2024) — so al die meubels, linne en toerusting is nuut!

Gaste hoef net hulle eie swemhanddoeke te bring!

Hoogtepunte

  • 3 slaapkamers (6 slaapplekke) — nuut gebou (Maart 2024)
  • Oopplan kombuis, eetkamer en sitkamer
  • Hoofslaapkamer met en-suite (bad + rolstoel toeganklike stort)
  • Tweede badkamer met instap stort
  • Groot stoep, hout dek en swembad / plonspoel
  • Aleenstaande en afgesonder met parkland aan twee kante
  • Krugerheining minder as 200 m van die huis af
  • Boma + gas braai met ontbyt pan
  • Lugversorging in al die slaapkamers en sitkamer + sonkrag
  • 5000L JoJo tenk vir water toevoer probleme
  • Fibre Wi-Fi en “Google TV” (eie Google-profiel)

Die goed toegeruste kombuis, eetkamer en sitkamer is oop plan, met drie aparte slaapkamers. Die ruim hoof slaapkamer het ‘n en-suite badkamer met 'n bad en ‘n rolstoel toeganklike stort. Die twee ander slaapkamers is baie ruim. Die tweede badkamer het 'n instap stort.

Ontspan buite op 'n groot stoep, die hout dek, of in die swembad, terwyl jy wild bewonder. Of staar snags na die sterre, of in die vlamme van jou vuur.

Die huis is aleenstaande en lekker afgesonder, met parkland aan twee kante. Die Kruger Wildtuin se heining is minder as 200-meter van die huis af, so op sommige aande kan jy 'n Oscar-bekroonde vertoning kry van Leeus wat brul, of die verbasend gelukkig klinkende kinkels van Hiënas, of die uiters harde huil en gekerm van Seekoeie wat vir gebied in die nabygeleë krokodilrivier baklei!

'n Groot plonspoel verseker dat jy die somerhitte kan verduur, terwyl diere soos Sebras, Blouwildebeeste, Koedoes, Bosbokke en meer verbydwaal! Ons het ook nou ‘n boma ingesit, asook ‘n gas braai met ontbyt pan, vir daardie dae wat die wind dalk te erg waai of as ‘n mens eers laat by die huis kom maar nog steeds wil braai.

Met lugversorgingseenhede in al die slaapkamers en die sitkamer, en sonkrag, hoef 'n mens nie bekommerd te wees oor die skroeiende warm dae of beurtkrag nie. Ons het ‘n 5000L JoJo tenk ook, vir as daar water toevoer probleme is.

Die huis het Fibre Wi-Fi konneksie en ‘n “Google TV”, (Eie Google-profiel) as jy jou gunsteling program wil kyk.

Ons sien uit daarna om julle by Krokodil Rus welkom te heet!
Sarel – 0836655819

Slaap 6 3 Slaapkamers Groot plonspoel Sonkrag Fibre Wi-Fi Boma + Gasbraai