English

Die Diere van Marloth Park

Die diere wat vrylik in Marloth Park rondloop is ongetwyfeld die juwele in sy kroon. Daar is baie min plekke in Afrika waar dit moontlik is om so 'n noue gemeenskap met soveel diere van die Afrika-bos te hê.

Kameelperd

'n Kameelperd is majestieuse dier en jy sal stomgeslaan word deur hoe groot hulle werklik is, veral as jy te voet is. Selfs al is hulle 30-meter van 'n jou af, bly hulle massief. Verlustig jou in die kolossale en stil waardigheid van die hoogste dier ter wêreld. Hierdie reuse sal na jou staar sonder om oë te knip, asof hulle probeer om 'n telepatiese verbinding met jou te maak, en jy sal die verwondering in jou voel as jy naby aan een van die natuur se wonders is!

As jy skielik op hulle afkom en hulle skrik, sal Kameelperde in ‘n baie lomp draftsap weghardloop, en al lyk dit dalk vreemd, is hulle in staat om redelike hoë snelhede te bereik. Om op die regte tyd en op die regte plek te wees om 'n Kameelperd te sien buk om water te drink, is 'n beeld wat jy nooit sal vergeet nie, en hopelik is jy gereed om hierdie aksie op kamera vas te lê.

Kameelperde en bome het die reëls van "oorlogvoering" reeds uitgewerk om die voortbestaan van albei te verseker. Het jy al ooit gewonder hoekom 'n Kameelperd nie by 'n boom met sappige blare bly staan en eet tot hy versadig is nie? Dit werk so: Bome weet wanneer hulle blare geëet word, hoe hulle weet, weet ons nie! Wat ons wel weet, is dat die boom wat geëet word tanniene, ‘n baie bitter gemikalië rondbeweeg en sy blare oorstroom, ‘n smaak waarvan die Kameelperd nie hou nie, so dit beweeg aan.

Wat nog meer ongelooflik is, is dat die boom "kommunikeer" met nabygeleë bome van dieselfde tipe. Teen die tyd dat die Kameelperd daar aankom, is die boom klaar ge waarsku en beweeg tanniene reeds na sy blare. Die gevolg is dat die Kameelperd gou wegbeweeg na 'n ander soort boom of een wat te ver van die oorspronklike boom is om die waarskuwing te ontvang. Sodoende dwaal hulle oral rond om die regte hoeveelheid kos in te kry wat so ‘n groot dier nodig het.

Die volgende keer as jy 'n Kameelperd sien vreet, kyk na sy pragtige oogwimpers en verwonder jou aan sy ongelooflike tong. Die tong is nie net baie lank nie, maar word ook gebruik om die kleinste blare van die doringrigste takke af te stroop.

Kameelperde raak betrokke by hewige gevegte oor die besit van wyfies. Jy sal verstom wees oor die geweld van die kophoue teen hulle teenstander. Hulle veg soms tot die dood van een van die bulle! Kyk mooi na die Kameelperd, daar is soveel meer aan hierdie reuse dier as wat jy in ‘n oogknip kan sien.

Sebra

Saam met Kameelperde, assosieer mense Sebras meer met Afrika as enige ander diere! Hierdie "donkies in pyjamas" is die vriendelikste van ons groot diere. Dit lyk asof hulle menslike geselskap geniet en sal merkwaardig naby kom. Hulle het ook oogwimpers wat die meeste vroue beny, en as hulle na jou staar met hulle sagte bruin oë, lyk dit asof hulle jou gedagtes kan lees.

Miskien het jy nog net die snaakse geluid wat 'n Sebra maak op TV gehoor, maar as jy dit self in die bos hoor, sal dit jou laat dink jy hoor 'n histeriese hond.

Hierdie diere is baie intelligent en sal baie vinnig die vorm en geluid van die sak of emmer wat jy gebruik om hulle te voer aanleer, sodat hulle al solank nader sal kom as hulle dit hoor of selfs sien. Wees egter gewaarsku, hierdie gestreepte donkies veroorsaak verskriklike beserings aan hulle teenstanders in gevegte oor die trop merries, en dit met hulle pote en kragtige kake. Het jy al ooit 'n Sebra sonder 'n stert gesien? Hulle byt mekaar se sterte af wanneer hulle veg, en hulle kragtige skoppe kan 'n leeu doodmaak!

So mooi soos wat hulle is, en so saggeaard soos hulle lyk teenoor mense, onthou altyd dat hulle wilde diere is. Groot wilde diere!

Koedoe

Ontmoet die konings van Marloth Park! Daar is geen dier met ‘n meer koninklike houding as ‘n groot Koedoe bul nie. Anders as ander diere wat nuuskierig na jou staar, staar 'n Koedoe na jou asof hy wil seker maak jy verstaan wie die baas in hierdie bos is.

Ten spyte van hul grootte, kamoefleer hulle bruin of donker pels en strepe hulle perfek in die gevlekte bosskadu. Daardie lang spiraalhorings is dodelike wapens, so wees versigtig vir 'n te naby aan hulle wees, hulle gebruik selfs daardie dodelike horings om takke van bome af te breek, sodat hulle by die sagste blare uit kan kom.

Moet nooit buk om korrels of lusern op te tel wat jy moontlik laat val het terwyl jy hulle voer nie, die Koedoe sal dink dat jy hom uitdaag, en jou dalk aanval!

'n Geluid wat jy gereeld sal hoor, is die Koedoes se blaf. Dit word gegee as 'n waarskuwing aan ander diere in die omgewing, ‘n diep en harde blaf, hard genoeg om 'n groot hond jaloers te maak! Die koedoe koeie daarenteen is amper verskonend en het 'n baie smekende voorkoms.

Terwyl 'n Koedoe-bul in die pad in sal stap en verbygaande verkeer "beveel" om hom reg van toegang te gee met sy blote koninklike teenwoordigheid, smeek Koedoe koeie amper om toegelaat te word om die straat oor te steek. Ry egter versigtig, want hulle en ander diere kan skielik en in 'n oogwink besluit om oor die pad te harloop.

Blou Wildebeeste

Die Blouwildebees is 'n dier wat se voorkoms jou al hoe meer sal geval hoe meer jy van hulle sien. Hulle subtiel gestreepte, grys velle en daardie snaaks gekrulde horings is eintlik baie mooi. Wanneer hulle loop met hulle koppe so gesak, lyk dit asof hulle die gewig van die wêreld op hulle skouers dra.

Die mees verassende eienskap van hierdie diere is die eienaardige blêr geluid wat hulle maak wanneer hulle met mekaar kommunikeer. Dit klink soos iemand wat probeer om 'n petrolaangedrewe kettingsaag te begin, maar dit nie reg kry nie!

Njala

Beskou jouself as baie gelukkig as jy 'n Njala in Marloth Park sien, aangesien hulle baie skaars is. Die probleem is dat ons 'n groot en gesonde bevolking Bosbokke in Marloth Park het, en Bosbok ramme verdedig hulle gebiede aggressief, so hulle veg om die Njala uit hulle gebied en daarom uit Marloth Park te hou.

Bosbok

Die meeste besoekers sal noue kontak met hierdie pragtige bos veëtjies hê. Hulle lyk die gemaklikste in die nabyheid van mense en is uiters territoriaal, so as jy hulle in die omgewing van ‘n huis sien, gaan die selfde bokke waarskynlik volgende jaar en die jaar daarna nog daar wees! Hulle het ook 'n baie harde waarskuwings blaf!

Rooibok

Hierdie tweekleurige skoonhede is byna almal se gunsteling wildsbokke. Niks sê bosveld soos 'n trop Rooibokke nie, en daar is nie 'n mens wie se hartsnare nie deur 'n kleuter trop getrek sal word nie.

Daar is 'n sagtheid aan hulle waarvan ons almal hou, maar dit is egter misleidend. Jy sal dit ontdek wanneer die ramme oor gebiede meeding en ook oor ooie in die jaarlikse paarseison. Die snork en grom wat uit hierdie onskuldig lykende diere kom, kan nogal verbysterend wees, selfs al het jy hulle al voorheen gehoor.

Duiker

Nog een van ons klein boksoorte wat blykbaar daarvan hou om naby mense te woon. Hulle het sulke hondjie gesiggies en klein nat neusies, wat ons dadelik van hulle laat hou. Anders as Bosbokke, sal hulle jou egter nie te naby laat kom nie.

Bobbejane en ape

Twee van ons inwonende spesies wat die meeste vermaak verskaf, is die Bobbejane en Ape, omdat hulle so menslik lyk. Hulle het ongelooflike akrobatiese vermoëns wat ons ure lank kan betower. Daar is egter ook ‘n donker kant aan hulle, veral Bobbejane! Hulle is omnivore en sal enigiets eet wat hulle kan vang of gryp. Kyk na daardie groot slagtande, langer as diè van 'n Luiperd, om te weet waartoe hulle in staat is.

Die grootste probleem wat hulle vir ons mense inhou, is dat hulle enige geleentheid sal gebruik om ons kos of enige iets anders in die hande te kry, of in ons huise in te sluip. Dit gebeur gewoonlik wanneer ‘n mens 'n venster of deur oop los, of wanneer hulle die huis verlaat op pad iewers heen, maar vergeet om die deure te sluit. Die gemors en skade wat 'n trop Bobbejane of Ape in 'n huis kan aanrig, moet gesien word om te glo.

Wat skelmgeid betref, is Blouape egter ver voor hul groter neefs. Enige oop deur of venster is 'n uitnodiging aan hulle en hulle sal insluip voordat jy dit eers weet, selfs agter jou rug! Hulle is ook berug daarvoor dat hulle enige iets gryp wat binne hulle bereik is, soos sleutels of selfone! Wees gewaarsku, hulle is blits vinning en is nie bang om naby mense te beweeg nie, so sit jou besittings eerder binne as jy hulle gewaar.

Volstruis

Volstruise is werklik groot voëls en verdwerg selfs volwasse mans. Vir die grootste deel van die jaar gaan hierdie voëls aan met hulle daaglikse roetine sonder enige drama, en hulle is verdraagsaam teenoor menslike teenwoordigheid. Maar wanneer die paarseisoen aanbreek, ontwikkel die mannetjie van hierdie spesie, wat stil is vir die meeste van die jaar, 'n diep, brullende stem. As jy dit die eerste keer hoor, sal jy glo dat dit 'n leeu is! (En jy sal in sweet uitbreek as jy naby aan die bron van die brullende geluide is, maar nie kan sien watter sort dier hulle maak nie.)

In paarseisoen verander die bene van die manlike Volstruise ook van grys na helder rooi. Gedurende hierdie tyd is dit die beste om ver van hulle af weg te bly. Hulle sal enige volwasse man, en in werklikheid, die manlike geslag van enige spesie, gedurende die paarseisoen aanval.

Jy hoef net te kyk na daai groot pote van 'n Volstruis, wat toegerus is met bose kloue, om te verstaan hoe gevaarlik hierdie voëls kan wees. En die kersie op die koek is dat hulle ook "kloue" op hulle vlerke het!

Muishond (Mongoose)

Die twee algemene Muishond spesies wat jy waarskynlik in Marloth Park sal sien, is die Gestreepte Muishond en die Dwerg muishond. Albei hierdie spesies beweeg in groepe rond, met die Gestreepte Muishond wat meer algemeen in Marloth Park gesien word.

Soos bobejane en ape, is Muishonde veral vaardig om vullis oor die hele bos te versprei. Gerolde-staal "Bobbejaan bestande" vullisdromme is geen versperring vir hierdie diertjies nie. Hulle skeur eenvoudig die sakke oop met daai klein pootjies van hulle en sleep items uit. (Daar is 'n munisipale stortingsterrein in Olifantweg.)

Nagapies (Bush Babies)

Die Nagapies wat jy amper gewaarborg is om enige tyd van skemer af in Marloth Park te sien, is die Kleiner Nagapies. Hierdie klein diertjies met hulle groot oë en bottelborsel sterte, is die indrukwekkendste atlete in die bos! Hulle voer die wonderlikste spronge uit, van tak tot tak en boom tot boom, heeltemal uit proporsie vir hulle ligaams grootte.

Hulle toon ook buitengewoon min vrees vir mense. Dit is ons nagligte wat die insekte lok wat hulle belangrikste prooi is, nie ons vriendelike gesigte nie. Om hulle van naby te sien, sit geskilde piesang of papya skyfies uit. Jy kan dit selfs meer aanloklik maak deur 'n onversoete jogurt by te voeg, maar slegs onversoete jogurt asseblief. Hulle sal maklik die piesang uit jou hand vat as en wanneer hulle lus is.

Die piesangs lok ook die aandag van Vrugte Vlermuise, wat jou die geleentheid sal gee om hierdie wonderlike diere van naby te sien terwyl hulle verby vlieg om piesangstukke op te tel. Op meeste van die aande lui die "chip, chip" geroep van die Nagapies duidelik in die onbesoedelde bosveld lug.

Die ander Nagapie spesie wat jy dalk gelukkig sal wees om te sien, is die Dikstert Nagapie. Hulle is baie groter, omtrent so groot soos 'n huiskat, en lyk soos 'n Klein Nagapie wat heeltemal te veel kits-kos geeet het! Hulle is baie meer ontspanne en ook minder freneties! In plaas daarvan om soos sy kleiner neefs rond te spring, loop hulle gewoonlik rustig rond, alhoewel hulle ook tot groot spronge in staat is. Oor die algemeen lyk hulle ontspanne en is geneig om na ons mense te staar asof ons hulle geld skuld!

Die naam (Bush Babies) van die twee spesies kom van die Dikstert Nagapie se treurige “huil” roepgeluid, wat seker vir die oorspronklike verkenners geklink het soos 'n baba wat in die donker huil!

Miskeljaat (Genet)

As jy meer as 'n nag of twee in Marloth Park deurbring, sal jy dalk nog een van ons nagtelike jagters sien, een van die twee spesies Miskeljaatkatte wat algemene inwoners is. Hulle is die Groter Gevlekte Miskeljaat of die Klein Gevlekte Miskeljaat. Dit is nog 'n dier wat voordeel trek uit menslike wonings. Alhoewel hulle baie katagtig lyk in hulle voorkoms en bewegings, is Miskeljate verwant aan Sevets (Civets) en Muishonde (Mongoose) en nie die kat familie nie.

Vlermuise

Behalwe vir die Bruin en Roes kleurige Vrugte Vlermuise wat reeds genoem is, is die naghemel altyd vol klein Vry-stert Vlermuise wat desperaat probeer om elke muskiet wat hulle kan vind te verteer, so hulle is regtig ons vriende.

Daar is absoluut GEEN waarheid in die mite dat vlermuise in menslike hare vassit nie, so daar is geen rede om bang te wees vir hierdie nuttige diertjies nie. Ten spyte van wat jy dalk al gelees het, vlermuise is nie blind nie en vlieg nie net met sonar alleen nie. Hulle nagsig is uitstekend en die sonar is ekstra versekering!

Die meeste van die klein vlermuise wat in ons naghemel rondvlieg, is Angolese Vry-stert Vlermuise. Daar word beraam dat daar ongeveer 40 verskillende spesies vlermuise in ons omgewing voorkom, en hulle maak n verstommende kwart van alle soogdier spesies op wat in Marloth Park voorkom.

Akkedisse

Marloth Park het 'n groot verskeidenheid akkedis spesies en baie van hulle lyk baie gelukkig naby ons mense. Die opvallendste hiervan is die dinosourus agtige Veldlikkewaan, wat gereeld rondom huise in Marloth Park voorkom. Die meeste van hulle is ongeveer 'n halwe meter lank, maar hulle kan tot byna 'n meter groei. Ons inwonende Slang-vanger, Juan De Beer, sê dat hulle in staat is om 'n nare hap te gee, so hou jou afstand te alle tye en kontak hom eerder as een dalk in die huis indwaal.

As jy gelukkig is, kan jy ook 'n Waterlikkewaan te siene kry. Hulle is gewoonlik kleiner en helderder, maarf daar is beslis minder van hulle in Marloth Park as die Veldlikkewaan.

'n Algemene gesig rondom die huise in Maroth Park is die Pantser Akkedis. Hierdie outjies lyk soos mini-krokodille met die patroon van skubbe op die rug. Hulle sal skarrel vir wegkruipplek wanneer mense verskyn, maar met verloop van tyd raak hulle gewoond aan ons en is dan baie rustiger.

Nog 'n akkedis spesie wat oral in Marloth Park gevind kan word, is Koggelmanders. Hulle mees kenmerkendste eienskap is hulle growwe skubbe en groot koppe. Gedurende die paarseisoen word manlike Koggelmanders se koppe helder blou.

Plat akkedisse ontwikkel ook helder kleure gedurende hulle paarseisoen, maar dit is gewoonlik hulle sterte wat die helder kleure kry. Plat Akkedis mannetjies raak betrokke in epiese gevegte oor grondgebied en wyfies.

Skinks kan oral gevind word! Hulle is 'n ongelooflike uiteenlopende groep reptiele. Sommige spesies het kort beentjies en ander het glad nie bene nie! Hierdie beenlose Skinks lyk net soos slangetjies, behalwe dat hulle ooglede het en eintlik vir jou kan knipoog!

Kinders van alle ouderdomme is sedert die vroegste tye gefassineer deur Verkleurmannetjies! Hierdie stadig bewegende reptiele met hul uitpelerige oë, wat onafhanklik van mekaar beweeg, en hul vermoë om van kleur te verander, maak hulle opvallende gunstelinge. Wees waaksaam wanneer jy ry, hulle word dikwels gesien terwyl hulle ons paaie oorkruis en hulle beweeg in stadige, rukkerige bewegings. Hulle is dan of heldergroen of so donker dat hulle amper swart is. (Die donker kleure wys dat die dier gespanne is.) Wanneer hulle 'n insek teiken om met hul lang, klewerige tonge vas te vang, is daardie twee oë lasergerig op hulle prooi, wat vir die Verkleurmannetjie uitstekende verkykervisie en dus dieptepersepsie gee. As hulle snags slaap, word hulle velle baie bleek, amper wit, wat dit maklik maak om hulle met 'n flits raak te sien.

Soos byna oral in die land, word Geitjies elke aand in Marloth Park gesien, want hulle hou van die huise van mense. Hulle is streng naglewend en skuil bedags onder rotse. Insekte word snags na ons ligte aangetrek en geitjies sal elke aand gesien word terwyl hulle rondom daardie ligte jag. Geitjies leef uitsluitlik van insekte, insluitend muskiete, so hulle is baie handig om in die huis te hê.

Geitjies terloops, is die enigste akkedisse wat eiers met harde doppe lê, so as jy een van hierdie klein, perfek gevormde eiertjies vind, sal jy weet aan wie dit behoort. Geitjies kan ook hul sterte afgooi of verloor om van 'n roofdier te ontsnap en daarna 'n nuwe een te laat groei! Aan die einde van hulle rugwerwel in die stert, is daar 'n beheersentrum, 'n soort mini-brein. Wanneer die Geitjie sy stert afgooi, neem hierdie beheersentrum oor en veroorsaak dat die stert tot 30-minute lank wriemel, kriewel en spring, sodat die Geitjie kan ontsnap!

'n Groot bydrae tot die bosveld nagkoor is Paddas. Paddas is 'n goeie aanduiding van die ekologiese toestand van 'n gebied. Te oordeel aan die groot verskeidenheid padda spesies wat in Marloth Park gesien word, veral na reën, gaan dit nie te sleg met ons in hierdie verband nie!! Die Skuimnes Boom Padda sal maklik gesien word. Dit is hulle wat daardie wit "babbels" maak op takke wat oor water hang. Daardie "babbels" is hulle neste en wanneer die klein paddavissies uitbroei, val hulle in die water om die volgende fase van hulle lewensiklus uit te leef.

Paddas word dikwels in huise aangetref, aangesien hulle naglewend is en die insekte jag wat deur ons ligte aangetrek word. Daar is twee spesies wat 'n plesier is om te vind en om noukeurig voor uit te kyk. Die een is die Bosveldreënpadda. Hierdie klein (40 tot 50 mm) paddas is amper perfek rond en het vier kort bene. Hulle kan nie spring of hop nie, so hulle loop! As hulle bang is, blaas hulle hulself op soos 'n poffer vis! Die tweede een is die effens groter (50 tot 60 mm) Rooiband Rubber Padda. Dit is amper swart, met rooi strepe en kolle op sy rug.

Skilpaaie en Waterskilpaaie

Ja, hulle word ook algemeen in Marloth Park aangetref, so kyk uit vir hierdie fassinerende reptiele wat met hul huise op hul ruê rondreis.


Die bogenoemde diere is nie naastenby 'n volledige lys van wat jy waarskynlik in Marloth Park sal sien nie. Die getalle Soogdiere, Reptiele, Voëls en Insekspesies wat in die 3 000 ha van Marlothpark en Lionspruit voorkom, is enorm! Tydens jou verblyf in Marloth Park sal jy beslis van ons insekte ontmoet, en selfs party wat jy dalk nog nooit gesien het of selfs gedink het dat hulle bestaan nie. Dit kan vinnig geïdentifiseer word as jy 'n gids oor insekte gebruik of 'n foto op die genoemde sosiale media bladsye plaas.

Geniet jou verblyf en die verskeidenheid ervarings wat jy sal hê, en bowenal, leef en laat leef! Trap versigtig op die grond en los niks anders as jou voetspore nie, sodat ander besoekers dieselfde vrede en belewenisse het as wat jy ervaar het.