English

Marloth Park - n Ware Paradys

Marloth Park is nie jou gemiddelde wildreservaat waar jy in 'n omheinde kamp woon en bedags rondry nie. In Marloth Park loop die diere vrylik rond tussen die eiendomme, strate en ja, mense, hetsy jy by die huis is of as jy uit is vir 'n staptoggie, draf of fietsry. Heinings tussen eiendomme is streng verbode, wat almal in staat stel om hierdie wonderlike plek ten volle te ervaar.

Marloth Park deel ook 'n gemeenskaplike grens van 19 km met sy wêreldbekende buurman, die Kruger Nationale Wildtuin! Marloth Park is 'n ware paradys waar jy vrede en rustigheid kan ervaar en jou batterye ten volle kan ontspan en herlaai. Die gebrek aan baie ligte in die nag beteken ‘n helder lug gevul met miljoene sterre om te bewonder. Daar is min dinge so ontspannend as om die vlamme in jou vuur dop te hou terwyl die agtergrond klankbaan van die Afrika bosveld oral om jou jubel.

Dit is 'n plek waar jy niks anders as foto's neem, en slegs as jou voetspore agterlaat nie.

Jy is welkom om die diere die goedgekeurde voere soos vrugte, groente, lusern, wildkorrels en wilde voëlsaad te voer, en alles is in die winkels in die park te koop. Moet asseblief nie vir die diere brood, mielies of enige ander soorte sade gee nie.

Waar is Marloth Park?

Marloth Park is geleë tussen Malelane en Komatipoort en lê snoesig teen ‘n gedeelte van die Krokodilrivier, wat ons van die suidelike grens van die Kruger Nationale Park skei. Marloth Park het maklike toegang na die Kruger Wildtuin, die nader Krokodilbrug hek of die effens verder Malelane-hek en albei roetes is op goeie paaie.

Klimaat en Weers Omstandighede

Marloth Park is 'n lae reënvalgebied met 'n gemiddelde reënval van slegs 600 mm per jaar, so dit is 'n baie sonnige plek. Die relatiewe humiditeit is op tot ‘n gemiddelde 70% in die somer maande en 50% in die winter. Die gemiddelde somer temperature in die oggende wissel tussen 17 en 22 grade Celsius en in die dag tussen 30 en 36 grade. In die winter kan die gemiddelde minimum temperature so laag as 8 tot 13 grade Celsius daal, met maksimums van tussen 26 en 30 grade Celsius.

Ideale tye om Marloth Park te besoek?

“Idealte tyd” verskil van mens tot mens, afhangende waarvan jy hou of wat jy verkies. Alhoewel die hoë temperature in die somer jou in lugversorgde geboue kan injaag, is die park uiters pragtig geklee in groen en ‘n menigte ander kleure van die verskillende blomme wat in hierdie seisoen blom.

In herfs verander die bos kleure na ligte grys en bruin en die grond is bedek met die vallende blare. Die veld en struike verander van groen na goudbruin en die temperature is nou perfek, want die humiditeit het baie verlaag. Blare kraak in teenstelling met die fluistering van die somer. Terwyl die res van die land sidder van die koue, is Marloth Parkers in T-hemde en kortbroeke.

Die winter bring heerlike dae en koel nagte, met sweetpakke en selfs baadjies wat hul verskyning maak. 'n Dik kombers kom ook handig te pas op die bed. Die kompensasie is dat die lug die blouste blou, skerp, droog en skoon is. Al die blare het nou afgeval, en dit laat die bome amper dood lyk. Die oranje en rooi van duisende Marlothi Aloes is oral te sien en die bos is oop, wat die diere meer sigbaar maak.

Sodra die eerste lentereën in heerlike donderstorms aanbreek, vind ‘n metamorfose teen 'n verstommende spoed plaas! Binne enkele dae keer die groen terug, 'n jaarlikse wonderwerk wat jou asem wegslaan. Diere babas is oral te sien, voëls is verheug en bars uit in luide sang. Die naglied van die bos tel ook 'n paar oktawe op as deel van die lente vertoning.

NB:

1. So mak as wat die diere mag lyk is hulle wilde diere en daarom is hulle gedrag baie onvoorspelbaar. Bokke, vlakvarke, bobbejane en selfs ape kan jou ernstig beseer. Hou altyd ‘n veilige afstand tussen jou en alle diere.

2. As bobbejane of ape in 'n eiendom inkom veroorsaak hulle fenomenale skade en kan dit gevaarlik vir jou wees as jy onverwags op hulle afkom. Die enigste manier om te verseker dat hulle buite bly, is om deure en vensters toe te maak en om alle openinge dop te hou as dit oop is, aangesien hulle baie skelm is en ongesiens sal insluip.