English
Marloth Park Reëls
Park Reëls - Algemeen
1. Werk asseblief saam met die sekuriteits personeel by die ingangs hekke. Hulle gehoorsaam instruksies om die ingangsregister te laat voltooi en om die
voertuie na te gaan vir verbode diere en plante, beide in die park in en uit die park uit.
2. Die spoedgrens binne Marloth Park is 50 km/h op Olifants rylaan en 30 km/h op alle ander paaie. Die spoed beperkings is in plek om geraas en stof te verminder.
Dit is ook vir die beskerming en veiligheid van jouself en die diere.
3. Enige en alle diere in Marloth Park het te alle tye die "reg van voorgang".
4. Die diere en voëls mag slegs wildsbok korrels, lusern, sekere vrugte en wilde voëlsaad gevoer word. Ander kosse is skadelik vir hulle.
5. Al die diere is wild. Vir u eie veiligheid, moet hulle nie met die hand voer nie en gee hulle reg van toegang terwyl jy ry, fietsry of stap.
6. Moet nooit in die veld in ry en die kosbare weiding beskadig nie.
7. Jy mag nie kolligte gebruik nie, hulle versteur die diere.
8. Om troeteldiere saam met jou te bring is streng verbode. Hulle is draers van huisdier siektes wat dan in die park versprei.
9. Geen geraas of harde musiek word nie toegelaat nie. In hierdie stil plek beweeg klank ver en diere het sensitiewe gehoor.
10. Marloth Park is 'n baie hoë brand risiko area. Moet nooit braai vure of muskiet-ringe sonder toesig laat nie. As jy klaar is, blus die vuur met water.
Sit afgekoelde kole en as in 'n vullis sak, kole en as beskadig die ekosisteem.
11. Hout wat afgeval het van die bome af is noodsaaklik vir 'n gesonde ekosisteem. Dit is verbode om hout in die veld op te optel! Vuurmaakhout is beskikbaar
by die winkels en die ingangshekke.
12. Moet asseblief nie rommel strooi nie. Behalwe dat dit lelik is, kan rommel verkeerdelik deur diere geëet word. Rokers: Jou sigaret stompies is rommel en hulle
biodegradeer nie. Hulle kan ook maklik vure in die bos veroorsaak!
13. Daar is geen openbare toilette nie. As jy gaan stap, neem 'n plastiek sak saam sodat, as jou kinders dalk agter 'n bos moet duik, jy die papier huis toe kan neem.
(Veral “sanitary wipes” en baba doeke want hulle biodegradeer nie!)
14. Plaas asseblief enige vullis in die dier bestande asblik by die ingang van die eiendom vir herwinning. Ape, bobbejane, muishonde en ander diere skeur die sakke oop
en strooi die rommel oor 'n wye gebied.
Verkeerswette (Hierdie wette is vir jou veiligheid en die van diere en voetgangers)
1. Die spoed beperking op Olifantspad is 50 km/h
2. Die spoed beperking op alle ander paaie is 30 km/h
3. Geen minderjarige of ongelisensieerde bestuurders nie
4. Geen ry op die oop agterklap van enige voertuig nie
5. Alle nasionale padwette het betrekking op Marloth Park
Wees asseblief bewus van die skade wat aan grondpaaie aangerig kan word. Hulle word maklik verweer en verniel, veral na reënval, en kan dan ontoeganklik word.
Dit is veral belangrik as u op die rivier paaie ry.
Algemeen
Troeteldiere en Huisdiere - Alle troeteldiere is onder alle omstandighede streng verbode.
Troeteldiere sluit in:
1. Honde
2. Katte (veral)
3. Voëls
4. Ape
5. Slange en alle ander soorte diere.
NB: Jy sal nie in Marloth Park toegelaat word as jy enige troeteldiere by jou het nie. Volgens wet kan jy 'n boete en die verwydering van die troeteldier
deur die Munisipale Wildbewaarders in die gesig staar as troeteldiere later ontdek word. Hierdie wette is in plek om die veiligheid en gesondheid van ons vrylopende diere te beskerm.
Geraas
Geen harde geraas, insluitende musiek, word op enige dag van die week toegelaat nie. Neem asseblief jou bure en die diere in ag, aangesien geraas geneig is om verder
in die bos te trek as in stedelike gebiede. Hierdie reël word streng toegepas deur die Marloth Park wetstoepassings beamptes.
Die diere in Marloth Park is gewoond aan mense, maar kyk gerus na hierdie baie interessante artikel:
https//www.thesouthafrican.com/animals/kruger-park-study-animals-fear-human-voices-more-than-the-sound-of-lions-breaking-06-october-2023/
Stap of fiets ry
Bring jou fiets saam, jy is meer as welkom om in die park te stap, draf of fiets te ry gedurende die dag. Dit sal jou ook nog nader aan die natuur en die diere bring.
Let asseblief daarop dat hierdie aktiwiteite tusen 18h00 en 06h00 soggens verbied word. Sommige van die groter katte soos leeus en luiperde kom partykeer vanaf die Kruger Wildtuin in Marloth
Park in. Jy is egter welkom om gedurende alle ure in jou voertuig te ry.
Parklande
Dit is streng verbode vir enige persoon om deur die parklande te loop of te ry, aangesien dit streng vir die behoud van weiding vir die wild bewaar word.
Diere en Plante
Verwydering van ENIGE plante en diere is streng verbode. Marloth Park het 'n delikate eko-balans. Dit sluit die optel van dooie takke ook in, of die sny van
takke vir enige gebruik, veral as braaihout. Gevalle takke en dooie takke is kompos vir die uiters voedingstof uitgeputte grond en moet gelaat word waar hulle is. Braaihout is beskikbaar by
die twee winkels en by die hekke.
Brande en Brand Gevare
Vuurwerke, klappers en Chinese lanterns is streng verbode. Die meerderheid huise in Marloth Park het grasdakke, so dit is ‘n uiterste brandgevaar. Die wild waarmee
ons bevoorreg is om saam te leef, ly ook geweldig onder die harde geluide en ligflitse.
Maak asseblief seker dat jou braaivuur heeltemal geblus is voordat jy die braai-area verlaat, of as sterk winde begin waai. Die kole kan maklik 'n vernietigende bosbrand
begin, wat die hele park en al sy lewende wesens, insluitend jouself en ander mense, in gevaar stel.
Voer van diere
Onthou dat hierdie diere wild is, dit maak nie saak hoe "mak" hulle lyk nie. Almal van hulle kan jou ernstiglik beseer, veral as hulle meeding vir die kos wat jy vir
hulle uitsit. Sprei die korrels of lusern rond, anders sal ‘n enkele dier dit alles opeis en met die ander baklei, veral vlakvarke.
Hou asseblief jou afstand van hulle af, veral waneer jy stap of fietsry.
Wortels, patats en appels, in skywe gesny, is die gunsteling kosse van die Sebras, Rooibokke en Vlakvarke, maar in matigheid asseblief.
Nagapies hou van vrugte soos piesang en pawpaw, en jy kan hulle selfs meer lok deur onversoete jogurt by te voeg, maar net onversoete jogurt asseblief.
Moet nie mielies, mieliekoppe of mieliemeel, aartappels of brood vir die diere voer nie. Dit veroorsaak koliek, aangesien hulle nie hierdie voedsel items kan verteer nie.
Dit lei dan tot 'n uiters pynlike dood vir die dier.
Belangrik: - Moet nooit enige diere deur die heining met die Krugerwildtuin voer om hulle nader te lok nie. Dit sal lei tot jou inhegtenisneming en vervolging
vir die oortreding van die streng Nasionale Parke-regulasies!
Muskiete
Let asseblief daarop dat Marloth Park, net soos die Kruger Wildtuin, in 'n gebied van Malaria risiko is. Neem dus asseblief alle voorsorg om jouself teen hierdie
gevreesde siekte te beskerm.
1. Bly binnenshuis tussen skemer en dagbreek as jy nie met 'n insekweerder soos Peacefull Sleep of enige van die ander verskillende produkte gespuit is nie.
2. Maak alle muskietskerms en vensters toe, veral snags.
3. Gebruik muskiet matte of muskiet brand ringe.
4. Spuit die binnekant van die huis met 'n aerosol insekdoder. (Peacefull Sleep Room Spray werk baie goed)
5. Maak gebruik van die plafon waaiers en lugversorgers.
6. Vra jou gesondheidspraktisyn vir voorkomende medikasie.
7. As jy in 'n malaria risiko gebied was, moet nie simptome van griepagtige siektes ignoreer nie. Dit sluit in hoofpyn, koors, kouekoors, moegheid, spier of gewrigs pyne,
verlies van eetlus en braking. Dit kan selfs tot en met drie weke na die eerste moontlike blootstelling voorkom.