English
Welkom By Bosveldrus
1 / 4
Rooibok
2 / 4
Suid Afrikaanse Bye Vreter
3 / 4
Waterbokke
4 / 4
Kameelperde
Uittreksels van THIS IS MARLOTH PARK, deur Alan Holmes
Aangesien ons "nuut" in Marloth Park is en heeltemal onbewus was van sy geskiedenis, diere en plante, het ons elke stukkie inligting gelees wat ons in die hande kon kry.
Ons het al die antwoorde gevind wat ons nodig gehad het in 'n boek genaamd THIS IS MARLOTH PARK, geskryf deur Alan Holmes. (Ons sal altyd poog om 'n eksemplaar van hierdie
boek beskikbaar te hê wat u tydens u besoek kan lees.)
Aangesien ons ons vreugde en die ontsag wat ons ervaar tydens elke besoek aan Marloth Park wil oordra na jou, nog voordat jy by die hek aankom, het ons meneer Holmes vir
toestemming gevra om uittreksels van sy boek op ons webwerf te gebruik. Ons is hom ewig dankbaar dat hy ons die toestemming gegee het om dit te doen.
Ons herhaal nie woordeliks uit die boek aan nie, maar gee jou eerder 'n baie verkorte weergawe van dele daarvan, en sekere van ons eie insetsels, om jou aptyt te wek.